Moody’s verlaag SA se kredietgradering

Deel op

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het aangekondig dat hulle Suid-Afrika se kredietgradering gaan verlaag.

Volgens die Tesourie is die kredietkoers is van BAA1/P-2 tot BAA2/ P-2 aangepas.

‘n Woordvoerder van die Tesourie, Phumza Macanda sê die kredietvooruitsig het van negatief na stabiel verander.

Sy sê die regering neem kennis van Moody’s se besluit weens die verlangsaming van ekonomiese groei.

Macanda sê inisiatiewe wat groei sal bevorder, is nou onontbeerlik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.