Hamas val Israelse grenspos aan

Deel op

Die Palestynse groep Hamas het aanspreeklikheid aanvaar vir ‘n aanval waarin ‘n Israelse grensbeampte dood en nege voetgangers beseer is.

Hamas sê die aanval is uit weerwraak vir Israel se aanvalle op die Al-Aqsa moskee.

Israel het onlangs alle toegang tot die dié simboliese moskee in Jerusalem versper wat tot grootskaalse ontevredenheid en oproer gelei het.

Die Palestynse man wat tussen die groep soldate in die besette Wesoewer ingejaag het, het gebeur slegs ure nadat ‘n soortgelyke voorval in Jerusalem plaasgevind het.

Die Israelse weermag sê drie soldate is beseer waarvan een se toestand kritiek is.

Volgens die polisie het ‘n voertuig met Palestynse nommerplate tussen die soldate ingejaag waar hulle waggestaan het by die El-Arub Palestynse vlugtelingkamp, suid van Bethlehem.

Die bestuurder van die voertuig het gevlug.

Dit het gebeur ‘n paar uur nadat ‘n Palestynse man tussen voetgangers in Jerusalem ingejaag het, wat tot die dood van die grensbeampte gelei het.

Die aanvaller het daarna omstanders met ‘n ysterstaaf aangeval in ‘n poging om te ontsnap en is deur die polisie doodgeskiet.

Frankryk het dié week ingestem om onder meer nege Gazelle-helikopters aan Lebanon te lewer gewapen met hoë subsoniese opties-geleide buismissiele.

Hamas hoop dat Hezbollah ‘n nuwe front in Libanon teen Israel sal beman.

Die Franse wapentuig is met ‘n geskenk van $3 miljard van Saoedi-Arabië betaal en is deur die Franse minister van Buitelandse Sake, Laurent Fabius onderhandel.

Alhoewel Frankryk skerm dat hulle wapentuig nie dadelik sal inskakel by die Amerikaanse toerusting wat die Libanese weermag gebruik nie, het kenners die bewerings as politiekery afgemaak.

Intussen het  die Hezbollah-leier Hassan Nasrallah “Israel se dreigemente van oorlog teen Libanon,” verwerp en gesê hulle is ten volle bereid om die land te verdedig.

Sy opmerkings volg nadat ‘n Israeliese parlementslid gedreig het dat die Israelse weermag Libanon “na die Steentydperk” sal terugneem.

Nasrallah het in die suidelike voorstede van Beiroet gepraat en Israel gewaarsku oor die gevolge van ‘n oorlog met Libanon.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.