Cosatu staar groter krisis in die gesig

Deel op

Die vakbondfederasie Cosatu is in ‘n krisis gedompel nadat nege vakbonde wat by Cosatu geaffilieer is hul sentrale uitvoerende komitee as wetteloos bestempel het.

Die vakbonde het ‘n gesamentlike mediakonferensie gehou om die krisis wat voor die algemene verkiesing in Mei vir eers bygelê is, en nou weer opgevlam het, uit te stippel.

Die vakbonde, waaronder die beleërde Numsa, het gesê dat hulle alles in die stryd sal werp om te keer dat die vakbond Numsa Vrydag tydens ‘n vergadering van die sentrale uitvoerende komitee uit Cosatu geskors word.

Die dissiplinêre verhoor teen voormalige hoofsekretaris Zwelinzima Vavi sal volgens bronne ook Vrydag op die agenda wees.

Agt vakbonde sê hulle steun Numsa se pogings vir ‘n hofinterdik om die vergadering te keer.

Hulle het ook gedreig dat hulle pogings gaan laat herleef om Cosatu deur regstappe te dwing om ‘n spesiale nasionale kongres te hou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.