Vier mense is in hegtenis geneem nadat vuurwapens by hulle op ʼn kleinhoewe in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria gekry is.
Johannes Jafta, woordvoerder van die polisie, het aan die SABC gesê die polisie het op ‘n wenk gereageer toe bure in die nag geweerskote gehoor het.
Die polisie het onder meer op nege jaggewere, twee handwapens en meer as 4000 patrone gekry. Hulle het ook op handgranate en dagga beslag gelê.
Jafta het gesê die oorsprong van die vuurwapens en ammunisie word ondersoek.