Zuma maan Burkina Faso se junta

Deel op

President Jacob Zuma het die bedanking van Burkina Faso se president, Blaise Compaore verwelkom en gesê dit is ‘n duidelike teken dat die dae van diktatorskap en militêre staatsgrepe in Afrika verby is.

Zuma sê Afrika moet aanvaar dat sy leiers demokraties verkies moet word.

Die Franse president Francois Hollande het die weermag in Burkina Faso vroeër gemaan om so gou moontlik die mag oor te gee aan ‘n burgerlike owerheid wat verkiesings in die land kan reël.

Die militêre leiers wat beheer van die land oorgeneem het ná die gedwonge bedanking van Compaore het vroeër onderneem om ‘n oorgangsleier aan te stel totdat ‘n nuwe regering aangewys word.

Compaore moes noodgedwonge bedank ná gewelddadige betogings toe hy probeer het om sy bewind van 27 jaar te verleng.

Frankryk het intussen gehelp het om Compaore uit die land te neem.

Dit was eers onduidelik hoe Compaore die land kon verlaat het. Hy het na die Ivoorkus uitgewyk.

Die Afrika Unie het Togo se voormalige eerste-minister, Edem Kodjo aangewys as spesiale gesant na Burkina Faso om die “demokratiese proses” te help bewerkstellig.

In 2013 was Burkina Faso nommer 129 uit 192 armste lande. Dit is egter ‘n ligpunt in Wes-Afrika, met sowat agt nuwe goudmyne in die ontwikkelingsfase, sowel as ‘n paar eksplorasieteikens.

Die Houndé-myn bevat klaarblyklik sowat 25 miljoen ton, met ‘n gemiddelde graad van 1,95 g / t goud.

Endeavour Mining verwag dat die huidige politieke onrus sy skedule vir sy Houndé projek sal vertraag tot ten minste ná verkiesings gehou is, wat na verwagting binne die volgende 90 dae gehou sal word.

Die land is tans onder militêre bewind en die grondwet is opgeskort.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.