Gauteng-ANC wil Zuma met e-tol troef

Deel op

Die e-tolhersieningspaneel het Dinsdag in Pretoria gehoor die Gautengse regering het van plan verander nadat hulle die e-tolstelsel goedgekeur het.

“Die Gautengse regering het my nie in kennis gestel wat tot die verandering gelei het nie,” het Dipuo Peters, minister van vervoer, gesê.

Peters het egter gesê Mashatile was teenwoordig toe die Gauteng-hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) goedgekeur is deur die regering.

Paul Mashatile, voorsitter van die ANC in die provinsie, het onlangs aan die paneel gesê alternatiewe planne is nodig om die GFIP te finansier.

Mashatile lei ‘n faksie teen die Zoeloes en Jacob Zuma in die ANC.

Die ANC in Gauteng was een van die groepe wat e-tol verwerp het tydens sy aanbieding aan die e-tolkomitee.

David Makhura, premier van Gauteng, het in Julie die paneel saamgestel om die ekonomiese en maatskaplike impak van die GFIP en e-tol te ondersoek.

Die paneel sal na verwagting teen die einde van die maand sy bevindings aan Makhura voorhou.

Die departement van vervoer het gewaarsku dat instandhoudingswerk aan ou paaie vertraag sal word, en die opgradering van paaie opgeskort sal moet word, indien die regering die e-tolstelsel in Gauteng afskaf.

Die waarnemende direkteur-generaal, Mawethu Vilana het aan die e-tolhersieningspaneel in Pretoria gesê dat dit ‘n ramp vir padgebruikers regdeur Suid-Afrika, sowel as die ekonomie sal wees.

Vilana sê al die geld wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, Sanral ingewin word, word aan paaie bestee.

Hy het beklemtoon dat Sanral nie ‘n wins uit tolgeld maak nie.

Hy sê die beginsel dat die gebruiker betaal, word doeltreffend regdeur die wêreld gebruik.

Die Nasionale Tesourie sal intussen vandag ‘n voorlegging doen oor waarom regstreekse betaling deur padgebruikers die beste opsie vir die provinsie is.

Teenkanting teen die e-tol-projek in Gauteng het die astronomiese inkomste vir Kapsch Trafficom, die Oostenrykse vervaardiger van die stelsel, intussen geknou.

Die ongewilde stelsel in Suid-Afrika is die hoofoorsaak van die middelmatige maatskappyresultate, het die maatskappy gesê in sy onlangs jaarverslag.

Die maatskappy se aandeleprys het reeds skerp gedaal, nadat hulle in die derde kwartaal van verlede jaar R128 miljoen moes afskryf.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.