Zambië se wit president verander besluit na oproer

Deel op

Zambië se eerste wit president moes vinnig ‘n ongewilde besluit omkeer nadat sy swart kiesers openlik in opstand gekom het.

President Guy Scott se aangekondiging dat hy Edgar Lungu, wat ook as die minister van verdediging en justisie waargeneem het, se afdanking gekanselleer het, het gemoedere weer kalmeer.

Scott is Dinsdag daarvan beskuldig dat hy nie die Zambiese kultuur respekteer nie, nadat hy die leier van die regerende party afgedank het terwyl die land nog rou oor die afsterwe van president Michael Sata.

Sata het Lungu as die opsigter-president aangewys terwyl hy in Londen vir mediese behandeling was. Scott, sy amptelike adjunk, is egter op 28 Oktober as die president aangestel ná Sata se afsterwe.

Talle lede van die Patriotic Front (PF) het deur die nag in Lusaka in opstand gekom, bande aan die brand gesteek en gedreig om voertuie te beskadig.

Sata se begrafnis vind op 11 November plaas.

Scott kan egter nie oor drie maande aan die presidensiële verkiesing deelneem nie, aangesien sy ouers nie in Zambië gebore is nie, maar ontleders meen die afdanking van Lungu sonder redes, is ‘n aanduiding dat Scott wel sal staan as kandidaat.

Hy is in 1944 gebore in die destydse Noord-Rhodesië nadat sy pa geëmigreer uit Glasgow as ‘n dokter om op die spoorweë te werk.

As ekonoom wat aan Cambridge gestudeer het, het hy die politiek betree in 1990.

Sommige Zambiërs het aangedui dat hulle nie omgee om ʼn wit president te hê nie, maar ander meen Scott sal kolonialisme laat herleef.

Zambië, die destydse Noord-Rhodesië, het in 1964 onafhanklikheid verkry van Brittanje. Die land se eerste president was Kenneth Kaunda.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.