COSAS: Jode skenk varkkoppe vir anti-Israelveldtog

Deel op

COSAS het in ‘n verklaring gesê hulle is baie teleurgesteld dat die media misluk het om gebalanseerde dekking te verskaf oor hul militante en radikale optrede in die Wes-Kaap om varkkoppe in Woolworths te laat.

Die organisasie het nog drie varkkoppe wat deur Jode geskenk is, in winkels gelaat.

Hulle sê hulle sal voortgaan met die veldtog as ‘n duidelike oproep van Suid-Afrikaanse verbruikers vir Woolworths om alle bande met die Apartheidstaat Israel te verbreek.

Hulle het die media aangeval en gesê Woolworths moet verantwoordelik gehou word vir sy “skokkende meedoënlose rassistiese ondersteuning van die Israeliese Apartheidstaat en moord op Palestynse kinders”.

COSAS het dit betreur dat ‘n elite groep rassistiese mans wat die winkel besit, nie erkenning gee aan Suid-Afrika se weersin vir hul ondersteuning aan die misdade in Gasa nie.

Volgens die organisasie het Woolworths selfs hul aandeelhouers verraai met die keuse om Israel ten spyte van hul winsverlies en handelmerkskade te ondersteun.

COSAS het ontken dat hulle anti-Joods is. Die varkkoppe en die hulpbronne vir die veldtog is deur Jode self geskenk, lui die verklaring.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.