Onbeplande kragonderbrekings tref Johannesburg

Deel op

ʼn Tegniese fout by die Prospect-substasie het Maandagaand tot onbeplande kragonderbrekings in Johannesburg gelei.

City Power sê die onderbrekings was nie beplan nie en het niks te doen met beurtkrag nie.

“Daar het ʼn tegniese fout by die Prospect-substasie in City Deep voorgekom. Dit het ʼn reuse kragonderbreking in Johannesburg tot gevolg gehad. Ons tegnici werk daaraan,” het Sol Masolo, woordvoerder van City Power, gesê.

Volgens Masolo is die noordelike buurte, dele van die middestad en buurte in die suide van Johannesburg geraak.

Masolo het vroeë gesê hulle hoop om die kragtoevoer teen Maandagaand te herstel maar teen Dinsdagoggend was talle buurte steeds sonder krag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.