TUT-kanselier bedank na messtekery

Deel op

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het aangekondig dat Lourens van Staden as visekanselier sal waarneem ná die bedanking van Nthabiseng Ogude.

Die TUT se Raad het Ogude se versoek goedgekeur dat haar kontrak vroeër beëindig word.

‘n Woordvoerder, Willa de Ruyter, sê Ogude is in Augustus 2012 in haar huidige pos aangestel. Haar kontrak sou in 2017 verstryk het.

Ogude se bedanking volg nadat ‘n student by die universiteit se Soshanguvekampus doodgesteek is.

Die universiteit het in September vanjaar van sy kampusse na ‘n reeks gewelddadige betogings gesluit.

Die student wat Saterdagaand met ʼn mes doodgesteek is by die Soshanguve-kampus, noord van Pretoria, was in sy eerste jaar.

Studenteleiers het intussen hul kommer uitgespreek oor die veiligheid op kampus.

De Ruyter het die student geïdentifiseer as SB Masuku.

Die polisie het vroeër gesê twee mansstudente het in ʼn geveg betrokke geraak en mekaar met messe gesteek.

Masuku is dood en nog ʼn student verkeer in ‘n kritieke toestand in die George Makhuri-hospitaal.

Drie studente is na die voorval in hegtenis geneem. Hulle is aangekla van moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die Soshanguve-landdroshof verskyn.

De Ruyter het gesê  ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel wat tot die voorval gelei het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.