Petrolprys effens laer

Deel op

Die daling van 45 sent per liter vir brandstof, is ‘n welkome aankondiging vir verbruikers.

Die vermindering in die kleinhandelsprys van petrol sal net voor Kersfees aan Suid-Afrikaners verligting bring, maar verbruikers se skuldlas bly ‘n probleem.

Die daling is te wyte aan laer internasionale oliepryse weens ‘n verhoogde aanbod deur OPUL-lande soos Saoedi-Arabië.

Dié lande wil Rusland dwing om toegewings te maak wat gastoevoer en dollartransaksies betref deur die Russe se energie-inkomste onder druk te plaas.

 

Volgens die uitvoerende hoof van Debt Rescue, Neil Roets, sal die 60 sent per liter daling in die dieselprys Suid-Afrikaanse verbruikers nog meer help, aangesien vragmotorvervoerkostes sal daal.

Die meeste verbruikersartikels word per pad vervoer en indien kleinhandelaars dié besparing aan verbuikers deurgee, kan dit tot effens laer voedselpryse lei.

Werkloosheid van bykans 25 persent bly egter hoog en die algemene ekonomiese vooruitsig lyk nie rooskleurig nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.