Vermeende oorlogsmisdadiger kelder glo SA-satelliet

Deel op

Die DA gaan die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting inspan om die regering te kry om parlementêre verslae oor Suid-Afrika en Rusland se samewerking met ‘n satelliet vry te stel.

DA-LP David Maynier, wat probeer om inligting oor die satelliet te bekom, het die aansoek aan die voorsitter van die parlement se geheime gesamentlike staande komitee oor intelligensie, ANC-LP Connie September voorgelê.

Die ANC en die regering weier om kommentaar te lewer oor die KondorE-satelliet, waarvan die koste na raming gestyg het tot R1,4 miljard.

Die satelliet sou na verwagting om die aarde wentel vir vyf jaar voordat dit sou terugval in die atmosfeer en verbrand.

Maynier het klaarblyklik dié stap geneem na persoonlike aanmoediging van die voormalige Britse premier en vermeende oorlogsmisdadiger Tony Blair.

Dit satelliet is glo nie gelanseer nie as gevolg van ‘n geskil tussen Rusland en Kazakstan. Laasgenoemde sou dien as gasheer vir die lansering.

Blair is ‘n raadgewer vir verskeie ministeries in die regering van Nursultan Nazarbajef, die president van Kazakstan. Hy het glo sy invloed gebruik om die Suid-Afrikaans-Russiese projek te kelder.

Blair het ook reeds miljoene ponde verdien met sy konsultasiefirma, Tony Blair Associates (TBA) waar hy Nazarbajef raad gee oor hoe om sy menseregtevergrype vir die Westerse media weg te steek.

Ontleders meen die DA, onder direkte leiding van Blair, wil meer inligting bekom oor die projek.

Dit is uiters vreemd dat die DA by ‘n private buitelandse konsultasiefirma betrokke is wat openlike menseregtevergrype en massaslagtings toesmeer, terwyl hulle veronderstel is om Suid-Afrika se belange op die hart te dra.

In ‘n brief in Julie 2012, gee Blair raad oor hoe om ‘n massaslagting van ongewapende oliebedryfwerkers onder die kombers te hou, net ‘n maand voordat Nazarbajef ‘n toespraak by Cambridge sou hou.

Hier volg ‘n uittreksel uit die mensonterende stukkie advies van die vermeende oorlogsmisdadiger:

 “Dear Mr President, here is a suggestion for a paragraph to include in the Cambridge speech. I think it best to meet head on the Zhanaozen issue. The fact is you have made changes following it; but in any event these events, tragic though they were, should not obscure the enormous progress that Kazakhstan has made. Dealing with it [the massacre] in the way I suggest, is the best way for the western media. It will also serve as a quote that can be used in the future setting out the basic case for Kazakhstan.”

In sy eie handskrif onderaan voeg by:

“With very best wishes. I look forward to seeing you in London! Yours ever Tony Blair.”

Regeringswoordvoerders het geweier om die bestaan ​​van die satelliet te bevestig of te ontken ten spyte daarvan dat Sam Gulube verlede maand klaarblyklik iets daaroor in die parlement genoem het.

Die KondorE se kameras kan voorwerpe op die grond in groot detail afneem, selfs deur digte wolkformasies.

Met Maynier se vrae oor die geheime satelliet, met die kodenaam Project Flute, in die parlement verlede week, het die voormalige minister van staatsveiligheid Siyabonga Cwele geweier om enige inligting te gee.

Hy het Maynier daarvan beskuldig dat hy buitelandse belange dien.

Die Ouditeur-generaal het bevind dat die meer as R200 miljoen wat bestee is aan die satelliet “verkwistende en vrugtelose uitgawes” was.

Dit is egter ‘n besondere ironie dat die mislukking van die projek te wyte is aan die inmenging van ‘n voormalige Britse premier en dat sy handlangers hulleself nou verlustig in hul eie maaksel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.