Vrese dat hospitale, lughawens sonder krag sit

Suid-Afrikaners staal hulself vir landwye kragonderbrekings.

Die uitvoerende hoof van Eskom, Tshediso Matona, het egter vrese oor beurtkrag by lughawens en hospitale probeer besweer.

Hy het gesê sulke sleutelinstellings sal nie by die kragvoorsiener se voorgestelde beurtkragskedule ingesluit word nie.

Matona het die media by die Eskomhoofkantoor in Megawattpark in Johannesburg toegespreek om verbruikers te maan dat beurtkrag vir minstens nog ‘n week sal voortduur.

Talle dele van die land is steeds sonder krag.

Uitgebreide beurtkrag het in die land se groot stede het voorgekom nadat ‘n steenkoolsilo by die Majubakragstasie in Mpumalanga ineengestort het.

Beurtkrag is Sondag in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Port Elizabeth toegepas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.