Die organisasie African Vaccine Regulatory Forum (AVAREF) het in Pretoria vergader in ‘n poging om wyses te bespreek waarop entstowwe asook die behandeling vir die ebolavirus so gou moontlik deur Suid-Afrikaanse owerhede goedgekeur kan word.
Die eerste twee dae van die vergadering sal gewy word aan die nood wat die ebola-virussiekte (EVD) veroorsaak en die potensiële behandeling rakende entstowwe, medisyne en bloedprodukte.
Die forum sal veral op GlaxoSmithKline se GSK ChAd3 en Newlink/NIH VSV fokus as voorkeurkandidaat-ebola-entstowwe.
AVAREF is ‘n onderdeel van die Wêreldgesondheidsorganisasie. Dit is die negenede vergadering in die land.
Verlede week het die organisasie bevestig dat daar 13 567 gevalle van ebola in ses lande is.
Die WGO se verteenwoordiger in Afrika, Dicky Akanmori, sê navorsing word binne en buite Afrika gedoen.
Dit sluit Guinee, Liberië, Mali, Sierra Leone, Spanje en Amerika in.
Die pandemie het uitgebreek nadat Amerikaanse navorsingsinstellings met ‘n BSL-4-klaring (Bio Safety Lab Level-4) klaarblyklik entstowwe teen die siekte getoets het.
Daar is drie Amerikaanse laboratoriums wat spesialiseer in biologiese wapennavorsing in Wes-Afrika.
Twee van die lande waar die aanvanklike gevalle van ebola aangeteken is, naamlik Guinee en Liberië het nie die Internasionale Konvensie teen Biologiese Wapens onderteken nie.
Die derde, Sierra Leone, is ‘n voormalige Britse kolonie wat dit wel onderteken het.
Die vergadering sal openbare gesondheidsamptenare en regulatoriese en industriële kundiges bymekaar bring in ‘n poging om die lewering van nuwe entstowwe te bespoedig asook regulatoriese hersiening ander behandelings teen “EVD” te hersien.