Nuwe Porsche op pad

Deel op

Image

Porsche Panamera GT

Porsche lok ons uit met die eertse amptelike beeld van sy splinternuwe Panamera Gran Turismo (GT) wat in 2010 in Suid-Afrika verwag word.

Deel op
Al die jongste detail waaronder videos van versteekte prototipes op toetsbestuurders gaan op 'n toegewyde aanlyntydskrif vrygestel word. Ferrari het 'n soortgelyke roete gevolg met die onthulling van sy Kaliforniëee veranderbare hardekap.
 
Die eerste beeld van die vierdeur wys hoe die Panamera aan die res van die Porsche-familie voorgestel word. Sedert detail van die Panamera aanvanklik vrygestel is, het Porsche volgehou dat die GT nie sal toegee aan bestuursdinamika nie en dat daar genoeg ruimte vir volwassenes is om gemaklik te reis. Die volgende hoogtepunt op die Panamera-kalender is 'n advertensieveldtog wat laat in Oktober begin en meer kykies op die jongste Porsche-model sal gee.
 
Porsche het sy inset in Volkswagen uitgebrei en sy aandeel tot 35,14 % opgestoot wat hom effektiewe verkrygde beheer oor die Wolfsburg-gebaseerde groep gee. Porsche het Dinsdag die 4,89% gewone aandele verkry wat nodig is om dit meer as 35% van die stemreg in Volkswagen te gee. Die stap verseker Porsche se blywende meerderheid by VW se algemene jaarvergadering.
 
Dr Wendelin Wiedeking, bedryfshoof van Porsche sê : " Ons mikpunt is om ons inset in Volkswagen tot meer as 50% te verhoog. Vandag se stap is nog 'n mylpaal op daardie pad.  Ons sien daarna uit om ons samewerking met die bestuursraad van Volkswagen wat op 'n gees van wedersydse  vertroue gebaseer is, voort te sit en uit te brei  en ons hoop vir 'n spoedige oplossing van die konflik tussen die werknemersverteenwoordigers van Porsche en VW".
 
As resultaat van die nuwe aandeelhouerstruktuur word Porsche deur wet verplig om 'n formele mandaat aan die VW filiaal-maatskappy Audi, binne die volgende vier weke voor te lê. Volkswagen sê egter dit sal nie die aanbod van sy 99,14% van Audi-aandele aanvaar nie. Derhalwe hou die mandaataanbod slegs verband met 'n vrye vloei van 0,86%  wat ongeveer 370 000 Audi-aandele verteenwoordig.
 
Wiedeking sê hulle beskou Audi as 'n integrale deel van die Volkswagengroep en stel nie daarin belang om die maatskappy uit die groepstruktuur te verwyder nie.

психофизиологическое исследование с применением полиграфаАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.