Doodsdreigemente en laster teen Steve Hofmeyr

Deel op

Steve Hofmeyr het verlede week, voor sy optrede Saterdag by Afriforum se gratis musiekfees by die Voortrekkermonument, teenoor praag vermeld dat hy tans ‘n ongekende aantal doodsdreigemente ontvang. Vanoggend berig die media dat daar Saterdag spesiale veiligheidsmaatreëls vir die sanger en Afrikaanse aktivis getref is.

Die Johannesburgse dagblad Beeld, wat vroeër met ‘n veldtog teen die laaste Afrikaanse kampus op Potchefstroom begin het deur studente van “Nazi-rituele” te beskuldig, verkeer op die voorpunt van die aksie teen Hofmeyr omdat hy dit durf waag het om enkele weke gelede Die Stem te sing. Die ekstreemlinkse redakteur van Beeld, Adriaan Basson, neem Hofmeyr ook kwalik omdat hy onlangs beklemtoon het dat swartes weens hul deelname aan die stelsel en verskeie ander faktore mede-argitekte van apartheid was.

Tesame met Adriaan Basson, is die buikspreker Conrad Koch wat “namens” sy pop Chester Missing vir 144 000 volgelinge twiet, besig om mense teen Hofmeyr en Afrikaners in die algemeen op Twitter te probeer opsweep. Koch huiwer nie om vloekwoorde en lasterlike taal te gebruik nie en tipeer Hofmeyr om die beurt as “moroon”, “idioot” en “rassis”. Hier is ‘n voorbeeld van een van sy twiets waarin hy openlik dreig dat hy Hofmeyr gaan vernietig.

praag het vanoggend boodskappe met Hofmeyr uitgeruil waarin hy Koch daarvan beskuldig dat hy “regter, jurie en laksman speel”.

“Conrad Koch is besig om die swart publiek met sy verdraaiings, asook borge soos Williams Hunt en Pick n Pay, teen my af te speel,” meen Steve Hofmeyr.

Conrad Koch en sy mede-Boerehater, Zapiro
Conrad Koch en sy mede-Boerehater, Zapiro

Williams Hunt op Port Elizabeth het ‘n week gelede hul borgvoertuig ‘n dag vroeë van Hofmeyr teruggevra nadat Koch hul telefoonnommer op Twitter gepubliseer het en sy volgelinge aangemoedig het om by die motorhandelaar beswaar teen Hofmeyr te maak. Tans spits Koch hom daarop toe om die Afrikaans is Groot-musiekfees, waar Steve Hofmeyr een van die genooide kunstenaars is, se borgskappe insgelyks te laat terugtrek. Hy plaas veral druk op Pick n Pay om sy borgskap aan dié Afrikaanse musiekfees te onttrek.

Op sy beurt het Steve Hofmeyr gewaarsku dat daar “vele afleggings kan geskied as gevolg van Conrad Koch se veldtog. Sowel Links as Regs kan die maatskappye begin boikot. Williams Hunt het in ‘n benoude twiet hul houding verander deur skielik te verkondig dat hulle “Steve weer sal borg” nadat inwoners van PE en boere in omliggende streke te kenne gegee het dat hulle eenvoudig hul voertuie sal teruggee en daardie takke sal boikot oor hul ondeurdagte boikot teen my.”

Pick n Pay is insgelyks huiwerig om die hele Afrikaanse publiek te vervreem deur die sensuurveldtog deur Beeld en Conrad Koch teen Steve Hofmeyr te steun. Steve Hofmeyr sê: “Pick n Pay, een van die borge van Afrikaans is Groot het laat weet dat hy nie met individuele kunstenaars onderhandel nie maar alleen met ‘n agentskap.”

By Saterdag se musiekfees by die Voortrekkermonument het Steve Hofmeyr, tesame met ‘n skare van 20 000 mense, weereens Die Stem gesing, ondanks die heftige kritiek wat Beeld en ander linkse media reeds weke lank teen Hofmeyr en die meer patriotiese Afrikaners monster.

Nadat Hofmeyr aanvanklik Die Stem by die Innibos-kunstefees op Nelspruit gesing het, het Vodacom intussen laat weet dat hy voortaan van die organiseerders sal verwag dat hulle in die konktrakte van kunsternaars die sing van Die Stem sal verbied.

Intussen het Conrad Koch vanoggend op Cape Talk verskyn waar hy gesê het:

“Steve Hofmeyr het die grens oorgesteek en verdien daarom om geöstrajeer te word toe hy gesê het dat swartmense self die argitekte van apartheid was. Ek kan nie met Steve Hofmeyr argumenteer nie, want ek het ‘n meestersgraad in antropologie. Die rede waarom Hofmeyr geloofwaardigheid het, is omdat groot maatskappye hom daardie geloofwaardigheid gee. Hofmeyr sê dat swartes nie ontwikkel genoeg was om aan ons samelewing deel te neem nie.”

Koch het op sy woernaal in nog ‘n aanval op Steve Hofmeyr geskryf:

Steve said: “If the world doesn’t buy into African systems, mentality and reputation, it isn’t always their fault”. Let’s start with the awkward fact that he stole his entire language from black people. Afrikaans was first written in Arabic by an Iman translating the Koran. Salaam alaikum, Oom Steve. [beklemtoning bygevoeg – red.]

Dit wil voorkom asof Koch ‘n voorstander is van Afrosentrisme, ‘n Amerikaanse doktrine wat deur Martin Bernal verwoord is. Daarvolgens het Europeërs en blankes hul kennis, wetenskap en tegnologie oor die eeue heen van swartmense in Afrika “gesteel”, net soos blanke boere hul grond “gesteel” het.

Volgens Koch tydens sy CapeTalk-onderhoud, sou Steve Hofmeyr se optredes lankal verbied gewees het indien hy gesê het “dat Jode die argitekte van apartheid was of dat ons seks met bokke in die openbaar moet hê. Wat Steve Hofmeyr sê, is absoluut weersinwekkend, hy ondersteun die stereotipes van kolonialisme en is besig met volledige (full-blown) rassisme.”

Koch se veldtog word ook deur bekende lede van staatsveiligheid en veral die misdaadintelligensie-eenheid ondersteun. ‘n Polisieman op Stellenbosch wat gereeld smeerveldtogte teen Afrikaanse openbare figure het verwoed saam met Conrad Koch begin twiet, asook die name van dr. Dan Roodt se kinders op Twitter vrygestel in ‘n sinistere poging om hom te intimideer weens die steun wat hy tot dusver aan Hofmeyr op Twitter en elders gebied het.

In sy kommentaar het dr. Dan Roodt gesê: “Pleks daarvan dat die misdaadintelligensie-eenheid plaas- en ander moorde probeer oplos, is hulle besig met lasterveldtogte en intimidasie van Afrikaanse skrywers en kunstenaars.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.