Beeld wil ons soos Sonja Loots afbreek

Deel op

Beeld is veronderstel om vir die mense te praat – al die mense – hoekom is daar so min oor die gewelddadige aanvalle en moorde op die blankes/ boere in julle koerant?

Media 24 waarvan julle deel is, vervreem sy mark met berigte soos dié van Sonja Loots wat op beroepsouers/ma’s afgaan en oor mense wat hulle belang op die hart dra soos Steve. As daar iemand was wat na hulle belange omgesien het, sou Steve nie ‘n inpak gehad het nie.

Nou egter is ons uitgelewer aan moord, roof, geweld, korrupsie en die forums wat in ons taal druk staan vir die ander party. Julle is so uit voeling in julle room-en-botterkantore dat julle geen benul het wat die man op straat se probleem is nie. Julle sal liewer verder afdruk en afbreek – soos Sonja Loots – as om op te staan vir dít wat reg is. Maar dit sal seker julle meerderheidvennote wie se sakke julle moet vol hou en aan wie julle bonusse betaal, ontstel.

Vir onreg om te seëvier moet goeie mense stil bly, “see no evil, hear no evil, speak no truth, genocide!”

– Elize Annandale

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.