Barbaarse boosaards slaan toe in jongste plaasmoord

Deel op

Die tragiese, sinnelose en barbaarse moord op die bejaarde mnr. Janse van Vuuren is die jongste op die telbord teen diegene wat ‘n nuwe, verbeterde Suid-Afrika aan Afrikaners probeer smous.

Die plaasaanval Donderdagaand om ongeveer 23:00 op die plaas Nuwejaarsbos, het die groter gemeenskap weer geruk. Die plaas is tussen Odendaalsrus en Kroonstad.

Vyf swart plaasaanvallers het mnr. Janse van Vuuren oorval toe hy masjiene by sy melkstal gaan afskakel het. Hulle het sy vuurwapen van hom afgeneem en hom daarmee doodgeskiet.

Die boosaards is na sy huis waar hulle sy 16-jarige kleindogter voor haar ma en sussie verkrag het. Die aanvallers het met mnr. Janse van Vuuren se bakkie, selfone, kontant en vuurwapens gevlug.

Die bakkie is verlate langs die pad gevind en die aanvallers is nog op vrye voet.

Terwyl die land in rep en roer is oor die moord op die kaptein van Bafana Bafana, Senzo Meyiwa, sal hierdie gruweldaad weereens ongesiens verbygaan in die oë van die owerhede.

Hierdie moorde is weereens ʼn bewys dat kriminele boosaards, onder aanmoediging van buitelandse NGO’s, geen respek vir Afrikaners se mees basiese reg op lewe het nie.

Ook die strawwe wat swart moordenaars opgelê word, dien klaarblyklik nie meer as afskrikmiddel nie, maar as aanmoediging vir ‘n etniese suiweringstog.

Daar sal geen beloning vir die inhegtenisneming van hierdie barbaarse moordenaars uitgereik word nie, en owerhede sal nie aan hul grondwetlike verantwoordelikhede herinner word nie, selfs nie deur ‘n media-instelling wat feitlik oor ‘n totale nuusmonopolie beskik nie, naamlik Media24.

 

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.