Twee stropers doodgeskiet

Deel op

Twee renosterstropers is doodgeskiet en ses is in hegtenis geneem, het RSG berig.

SanParke sê in die eerste voorval het veldwagters van Krokodilbrug op drie vermeende renosterstropers afgekom.

Hulle is agterna gesit en twee is noodlottig gewond, terwyl die derde oor die grens na Mosambiek gevlug het.

‘n Jaggeweer, ammunisie en ander toerusting is gekry.

In die tweede operasie is ses verdagtes buite die westelike grens van die Nasionale Krugerwildtuin deur SanParke se Omgewingsmisdaad-ondersoekeenheid in hegtenis geneem.

Daar is beslag gelê op ‘n jaggeweer, ammunisie en twee motors.

Die inhegtenisnemings is die jongste in twee weke van suksesvolle operasies, waartydens 35 vermeende renosterstropers aangekeer is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.