Die vark in die Woolworths-verhaal

Deel op

‘n Varkkop in Woolworths het tot ‘n herrie gelei.

Die studenteliggaam, Cosas, het ‘n lid geskors wat verlede week ‘n varkkop in die Kosher-afdeling van die winkelketting gelaat het.

Die student het die varkkop in ‘n Woolworths-winkel in Kaapstad gesit waar die Joodse gemeenskap graag koop.

Die optrede het gelei tot talle klagtes van Jode sowel as Moslems.

‘n Lid van die Joodse Raad vir Afgevaardigdes het gesê dit is erger as die die vervolging van Jode deur Nazi’s. Woolworths verkoop varkvleis in byna al hul ander winkels.

Cosas se adjunk-president, Tshepo Louw sê die voorval is betreurenswaardig.

Hy sê dit was nie op spesifieke gemeenskappe gerig nie, maar is deel van hulle boikot-veldtog teen Woolworths, om die kleinhandelaar te dwing om bande met Israelse verskaffers te verbreek.

Cosas is gekant teen Israel se hardhandige optrede teen Palestyne in Gasa.

Swede het intussen dié week die eerste Europese land geword wat ‘n Palestynse staat ondersteun.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.