Oudtshoorn in waterkrisis gedompel

Deel op

Die Oudtshoorn-munisipaliteit in die Klein Karoo, sê hulle het die nodige stappe gedoen met om kritiese watertekorte die hoof te bied nadat vandale boorgatstasies beskadig het.

Die dorp is afhanklik van boorgatwater om sy huidige waterbehoeftes aan te vul.

Die optrede deur vandale het nou die watersituasie in dorpe soos Dysselsdorp en De Rust vererger.

Munisipale vragmotors vervoer water na inwoners wat geraak word.

Waterbesparingsmaatreëls moet intussen in hierdie gebiede geïmplementeer word.

Die munisipaliteit se waarnemende direkteur van tegniese dienste, Paul Muller sê: “Die watertekortsituasie in Dysselsdorp, De Rust en die Klein Karoo se landelike tydelike area-aanbodskema  het kritiek geword.”

“Waterbesparingsmaatreëls moet in hierdie gebiede geïmplementeer word. Dit is te danke aan vandalisme van munisipale eiendom, verkwisting en uiters hoë gebruik van water sowel as die skade aan toerusting,” het Muller gesê.

Hy het nie die sondebokke uitgewys nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.