Nuwe wangedragklag teen EFF-hoofsweep

Deel op

Die hoofsweep van die EFF, Floyd Shivhambu, staar ‘n nuwe klag van wangedrag in die gesig.

Die klagte is na die parlementêre bevoegdhede en voorregte-komitee verwys.

Die speaker van die parlement, Baleka Mbete het die klagte na die komitee verwys nadat Shivhambu ‘n vuil vingerteken gegee het.

Shivhambu het sy middelvinger vir adjunk-president Cyril Ramaphosa op 17 Setember gewys toe dié vrae in die parlement beantwoord het.

Hy het ook tydens die geleentheid vir Ramaphosa as ‘n moordenaar uitgeskel.

Die komitee sê die klagte sal gevoeg word by die een waarop hy en 19 ander lede teregstaan nadat hulle ‘n ‘n antwoordsessie van president Zuma ontwrig het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.