Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê berigte dat ‘n ebola-slagoffer in Durban aangemeld is, is misleidend.
Volgens die Instituut is die man se simptome nié dié van ebola nie, hy is voorts nooit daarvoor getoets nie en is ook nie opgeneem nie.
Luidens verskeie berigte is ‘n man vir toetse vir die ebola-virus in Durban se Addington-hospitaal opgeneem.
Daar is berig dat die man tyd in Sierra Leone deurgebring het, een van die state in Wes-Afrika waar die pandemie uitgebreek het.
Dié nuus het konsternasie by die hospitaal veroorsaak.
Die man werk as ‘n vlootbestuurder vir ‘n maatskappy in Sierra Leone en daar is volgens die Instituut geen risiko dat hy aan die virus blootgestel is nie.