Louis Trichardt kry sy naam terug na hofstryd van 10 jaar!

Die vreugdevure brand vandag hoog in die dorpie Louis Trichardt waar die 10 jaar lange hofstryd teen die ANC-munisipaliteit se naamsverandering vandag op ‘n oorwinning uitgeloop het: die dorp kry sy ou, vertroude Voortrekkernaam weer terug!

Die hooggeregshof van Gauteng in Pretoria het vandag uitspraak in die guns van die dorp se voorsittersvereniging gegee en die munisipaliteit beveel om die dorp se naam te herstel.

'n Naambord van Louis Trichardt wat in 2007 na 'n uitspraak van die Appèlhof herstel is, maar intussen weer verander is
‘n Naambord van Louis Trichardt wat in 2007 na ‘n uitspraak van die Appèlhof herstel is, maar intussen weer verander is

Die ANC, maar ook die polities korrekte media in Suid-Afrika, het begin om in 2003 die naam “Makhado” vir die dorp te gebruik. In dié jaar is daar ook ‘n summiere naamsverandering in die Staatskoerant gepubliseer, sonder dat die dorp se inwoners daaroor geraadpleeg is.

Louis Trichardt is na die Voortrekkerleier met dié naam vernoem, wat ook dagboek van sy trek gehou het en daarom ook ‘n groot bydrae tot die Afrikanergeskiedskrywing gelewer het.

Louis Trichardt se voorsittersvereniging, wat ‘n petisie met 87 500 name opgestel het, het namens die inwoners die stad van die sogenaamde “Makhado” gedagvaar.

Onder andere het die voorsittersvereniging in die hof aangevoer dat die inwoners nie geraadpleeg is nie en dat die Pleknaamraad geen aanbeveling teenoor die destydse minister van kuns en kultuur gemaak het alvorens die naam van die borde verwyder is nie.

As deel van die protesaksies, is ‘n standbeeld van “hoofman Makhado” op die dorp destyds oranje, wit en blou geverf en ook “ontvoer” sodat die stadsraad dit op ‘n veilige plek moes aanhou en konstant moes bewaak. Op ‘n stadium is die weermag en die nasionale intelligensiediens “ontplooi” om die verwers vas te trek, dog sonder sukses.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.