Anton Barnard: Hein Willemse se absurde prul-rubriek

Deel op

Ek is half geamuseerd deur die skynheilige veroordeling op die webwerf
Litnet (http://www.litnet. co.za/senet/ senet.asp? id=1930) van die
Suid-Afrikaanse "Idol", Karen Kortjé, ná haar voormalige kêrel se misdaad. Ten eerste moet mens verstaan dat selfs voorheen-smettelose musieksterre ‘n buitensporige geneigdheid tot swak oordeel toon. Eens-rasionele mense word gou beneweld deur te veel musiek en
roem, en verander hul verstande in blitshysbakke na die buitenste ruimte met eksotiese chemikalieë, vyftigjariges verander in pedofiele, of hulle verwoes hotelkamers omdat die "minibar" te gou leeggeloop het.

Deel op

‘n Veel belangriker verskynsel is egter dat onder die klaers oor die
nuutste skandaal ook diegene tel wat hoog en laag sweer presies hoe verbind hulle sou wees tot die Suid-Afrikaanse dogma, religie en oppergesag bekend as transformasie. Transformasie beteken seker maar verandering, of hoe? Ons transformeer dít wat voorheen gegeld het en aanvaar was, na iets anders. Onthou dat Kortjé die Idol volledig ‘n maaksel van transformasie was. Anders as in alle ander lande waar Idols plaasvind, het die plaaslike beoordelaars ‘n enorme seggenskap gehad in haar verheffing tot ‘n Idol. Het laasgenoemde nie gebeur nie, het die publiek weer ‘n Heinz of ‘n Anke gekies: skoongesig blanke kinders wat die kat hoogstens stilletjies geknyp het, maar met transformasie niks uit te waai het nie. More of the same, soos die Engelse sê. Die beoordelaars se seggenskap het egter transformasie op die Idols-publiek afgedwing, gereed of nie.

Kortjé versinnebeeld transformasie in baie opsigte baie goed. Dink daaroor: sy is presies die teenoorgestelde van wat baie van die geskokte klaers verwag. Die hoogheilige klaers verwag ‘n Idol wat ‘n maagd is (soos Britney Spears, wonder ek?) Kortjé is egter ‘n ongehude tienermoeder in ‘n land waar tiener- en ongehude swangerskappe enorme proporsies aanneem. Juis daarom is Kortjé meer verteenwoordigend, meer getransformeerd. Dit is die klaers wat die kopskuif sal moet maak, wat sal moet verstaan dat die verwekking van kinders buite die eg ‘n heel aanvaarbare manier van voortplanting is in Afrika. Transformeer dus jul sedes, pas aan by die nuwemanier van doen.

Selfs Kortjé se getrouste aanhanger sou erken dat sy minder fotogenies is as haar voorgangers. Is dit nie egter die essensie van transformasie nie? Wat help dit ons kies keer op keer Europese, blonde Lebensborn-kinders as Idols, terwyl die meerderheid inwoners van die land veel meer op Kortjé trek? Nee, dit is die klaers wat moet verander, wat hul eie idee van skoonheid moet transformeer.

As Kortjé se voormalige vriend se gedrag die skynheiliges teen die bors
stuit, moet mens onthou dat Suid-Afrika die wêreldleier is in gewelddadige misdaad. Sy manier van optrede mag baie mense skok, maar dit is kwalik onverteenwoordigend van die gedrag van ‘n enorme persentasie van sy landgenote (in die VSA beland helfte van alle jong, gekleurde mans in die moeilikheid met die gereg). Weereens is die fout by die klaers. Hoekom dwing julle jul ongetransformeerde, Westerse sienings oor reg en geregtigheid, jul uitgediende verwagtings van wetsgehoorsaamheid op Kortjé se vriend af, en waarom veroordeel julle haar vir haar keuses van vriende?

Nee, wat. Hou maar gerus op kla oor Karen Kortjé. Sy is ‘n kreatuur van die Frankensteins van transformasie. As julle oor Kortjé kla, tas julle die
afgod van transformasie se waardigheid aan, en dit is immers in Suid-Afrika die hoogste gesag.

mga play daysлобановский александр отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.