Oogetuie vertel hoe metropolisie wit mans mishandel

Deel op

‘n Ooggetuie van die inhegtenisneming van twee wit mans Saterdag by Zitapark in Garsfontein, Pretoria, tydens een van die mans se dogter se verjaarsdagpartytjie, sê sy sal nooit vergeet hoe dié tienjarige meisietjie histeries vir haar pa geskreeu het nie.

“Ek was baie bang en haar angsgille sal altyd by my spook,” sê Carmen Goodrich van Villeria.

Goodrich en haar familie het haar ouma se verjaarsdagpartytjie by die park gehou toe Chris De Lange en David Du Plessis deur vier swart metropolisiebeamptes in hegtenis geneem is.

“Die beamptes was baie arrogant en intimiderend en het die man (De Lange) klaarblyklik ‘n harde tyd gegee,” sê Goodrich.

“Dit was onnodig om die twee mans voor hul kinders, maatjies en ‘n klomp ouers in hegtenis te neem,” sê sy.

“Almal was duidelik getraumatiseer, insluitend my eie ma, en ek voel die beamptes kon beter opgetree het.”

Goodrich sê hulle het gesien hoe iemand wat by die park werk haastig ná die arrestasie rooi kleefband oor die kennisgewingbord wat aandui dat honde daar toegelaat word, aanbring.

De Lange en sy vrou, Sonja, het Maandag gaan foto’s neem van die bord wat nou aandui dat honde nie daar mag wees nie.

Op die webtuiste pretoriafordogs.co.za, wat plekke in Pretoria aandui waar mense met hul honde kan stap, is Zitapark gelys.

Daar is selfs foto’s op dié blad van honde wat langs die swembad baljaar.

Die getraumatiseerde wit klaers  behoort onverwyld ‘n klag by SAPS in te dien asook ‘n siviele eis teen die stadsraad instel, meen regslui.

In die video is dit uiters verdag dat ‘n wit man wat geen oortreding begaan het nie, op dié wyse hardhandig in hegtenis geneem is met brute krag en kragwoorde.

Senior Superintendent Isaac Mahamba, metropolisiewoordvoerder, sê die Tshwane metropolisie is in besit van die video, maar dat die beeldmateriaal van só aard is dat dit hulle nie toelaat om al die gebeure voor en ná die voorval te sien nie.

Hoewel ons vir dié rede nie kan vasstel of die beampte korrek of verkeerdelik opgetree het nie, is ons baie bekommerd oor die vulgêre taalgebruik wat gehoor kan word,” sê Mahamba.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.