African Bank se skuld word ingevorder

Deel op

African Bank Investments vorder maandeliks sowat drie miljard rand se skuld in, sê die lener se toesighouer, Tom Winterboer.

Die instelling het om ‘n nuwe banklisensie aansoek gedoen as ‘n stap tot sy hertoelating tot die bedryf.

African Bank het in Augustus ‘n reddingsboei van die Reserwebank ontvang nadat die bank weens swak skuld ondergedompel is.

Die bank het voortgegaan om lenings toe te staan, terwyl hul kernmark van swart lae-inkomste leners nie hulle lenings terugbetaal het nie.

Onder die toesig van ‘n senior amptenaar van Pricewaterhouse Coopers, Tom Winterboer, is die bank onder kuratorskap geplaas.

Winterboer is deur die Reserwebank as kurator aangestel om die bank se hersiening te bestuur en hy het voortgegaan om slegte skuld in te vorder.

Die Reserwebank het aanvanklik gesê  R17 miljard se slegte skuld sal vir R7 miljard gekoop word.

Winterboer is egter nou van mening dat die lenings wel ingevorder kan word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.