Gewelddadige oproer naby die Bokoni-platinummyn buite Burgersfort in Limpopo is volgens die polisie onder beheer gebring.
Inwoners het vroeër twee huise en ‘n motor van ‘n plaaslike hoofman aan die brand gesteek.
Ontstoke inwoners beskuldig die hoofman daarvan dat hy die myn toestemming gegee het om in die omgewing aktief bedrywighede te begin.
Oproermakers het ook myntoerusting aan die brand gesteek.
Oproeriges het die dood van ‘n inwoners wat vermoedelik na skietwerk by die myn deur ‘n klip getref is, maande gelede, as verskoning gebruik om op ‘n vernietigingstog te gaan.
Hulle sê die mynbestuur het sedert die ongeluk nog nie met hulle geskakel nie.