Onregmatige staatsbesteding verdubbel

Deel op

Dit gaan moeilik wees om te verduidelik hoekom sommiges in Suid-Afrika uitmergelende begrotingsbesnoeiings in die gesig staar, terwyl die presidensie skaamteloos vir ‘n verdriedubbeling van hul eie begroting ruimte laat in die mediumtermynbestedingsraamwerk, van R366 miljoen tot R1 miljard in 2017.

Daarbenewens het staatsdepartemente se onregmatige besteding die afgelope geldjaar meer as R62 miljard beloop.

Die ouditeur-generaal Kimi Makwetu wat die ouditverslae in die parlement bekendgemaak het, sê onregmatige besteding het meer as verdubbel vanaf R26 miljard in die 2011-2012 boekjaar.

Makwetu sê die departement van Onderwys in Limpopo het vier persent van die R62,7 miljard in die water gesmyt. Dit is ‘n bedrag van R2,2 miljard wat vermors is.

Die ANC gaan ook nie terugdeins van die skep van 750 nuwe poste om hul netwerk uit te brei nie.

Dit is duidelik dat regering vrees kiesers sal in ‘n ekonomiese krisis, wanneer hardwerkende mense hul werk verloor, nie meer vir die regerende party wil stem nie.

Behalwe die presidensie se uitspattigheid, is daar geen maatreëls om ‘n groeiende burokrasie terug te snoei nie. Dit het daartoe gelei dat die regering se besteding tot ‘n ongelooflike 45,9% van die BBP toegeneem het.

In 2012 het Ghana se regering die besluit geneem het om die openbare sektor lone met sowat 20% te verhoog. Dit het die salarisrekening laat styg sowat 47%, volgens die Internasionale Monetêre Fonds.

Teen die middel van verlede jaar was Ghana in ‘n fiskale krisis gedompel, met ‘n tekort van 12% en die regering se skuld meer as 60% van die bruto binnelandse produk (BBP).

Nigeria sukkel met oliepryse wat bly daal. Buitelandse reserwes het ‘n maand gelede gedaal met sowat $600 miljoen en met $1 miljard in vergelyking met drie maande gelede.

Buitelandse reserwes is ‘n kosbare fiskale buffer in Nigerië, en tree as ‘n stabiliseringsmaatstaf vir die naira op.

Dit is die soort probleme waarop Suid-Afrika binnekort gaan afstuur te midde van ‘n moeilike ekonomiese wêreldklimaat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.