Humeure vlam na wangedrag-bevindinge teen EFF

Deel op

Humeure het opgevlam en stemme het opgegaan Dinsdag met die EFF se dissiplinêre verhoor, toe die party se 20 LP’s se wangedrag tydens die chaotiese Nasionale Vergadering se sitting in Augustus bespreek is.

Twee EFF-perlementslede het uitgestap uit protes nog voor die slotbetoë van die Bevoegdhede- en Voorregtekomitee gehoor is.

Die bruin advokaat, Randal van Voore, het bevind dat sommige van die 20 EFF-lede hulle in die Nasionale Vergadering tydens President Zuma se antwoordsessie aan growwe wangedrag skuldig gemaak het.

Van Voore is aangestel as die getuienisleier in die Parlement se wangedragverhoor teen die EFF-parlementslede.

Hy het sy verslag van meer as 170 bladsye voltooi en sy betooghoofde uitgestippel nadat vyf getuies in die verhoor getuig het.

Van Voore het gesê daar kan min twyfel wees dat die agbare lede presie geweet het wat van hulle verwag word en doelbewus en opsetlik geweier het om die Speaker se instruksies te ignoreer.

Hy het gesê sy verslag is ‘n stel feite wat nie tot sommige lede sal spreek nie, maar feite bly feite al is hulle ongerieflik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.