Amerikaanse ruimtetoestel ontplof na lansering

Deel op

‘n Onbemande Amerikaanse ruimtetoestel, ‘n Antares-vuurpyl, het kort na lansering ontplof.

Niemand is in die ontploffing beseer nie.

Die ongeluk het by die Amerikaanse ruimteagentskap NASA se Wallops Island-toetsvlugterrein in die Amerikaanse deelstaat Virginië gebeur.

Die onbemande vuurpyl sou voorraad na die Internasionale Ruimtestasie vervoer.

Die vuurpyl wat 14 verdiepings hoog is, is gebou en gelanseer deur die Orbital Sciences Corporation.

Dit het kort na opstyging van die lanseerblad weggeskiet en daarna in stukke gespat na ‘n kragtige ontploffing.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.