Dan Roodt neem deel aan SABC3-program oor ‘rassisme’

Deel op

Dr Dan Roodt was Dinsdagmiddag die enigste wit gas op ‘n geselsprogram op SABC3 oor rassisme.

Roodt is genooi om saam met vyf swart deelnemers waaronder Eusebius McKaizer en Ndumiso Ngcobo op 3Talk saam met Noeleen Maholwana-Sangqu te verskyn.

As die enigste wit gesig is Roodt van meet van aan as die “rassis” uitgekryt deur die res, maar hy het die deelnemers gemaan om nie in vervoering te raak oor ingevoerde Amerikaanse idees nie.

Volgens Roodt word swartes in die VSA nou in stede soos New York “ebolas” genoem en twee swart kinders uit Senegal het die week in die hospitaal beland nadat hulle deur wittes aangerand is. Daarom is die VSA met sy obsessie oor “rassisme” kwalik die land van waar Suid-Afrika lesse behoort te neem.

Eusebius McKaiser het erken dat hy as kleurling ‘n “rassistiese opvoeding” gehad het omdat sy ma vir hom dikwels gesê het hy “moet die gordyn toetrek as hy aantrek want die Bantoes kyk vir jou”.

Op ‘n stadium het die deelnemers daaroor gedebatteer of ‘n blanke ook ‘n Afrikaan kan wees, op aandrang van Sebenzile Nkambule, ‘n aanbiedster van Radio 702. Volgens haar kan slegs ‘n swartmens ‘n “Afrikaan” wees. Die programleidster Noeleen Maholwana-Sangqu het egter die idee verdedig dat Roodt insgelyks, as Afrikaner, ‘n “Afrikaan” sou wees.

“Jy is mos ‘n Afrikaan?” het sy aan hom gevra.

“Ja, beslis, ek is ‘n Afrikaan,” het hy geantwoord. Hy het egter die gehoor daaraan herinner dat daar 80 miljoen mense in Egipte is wat nie swart is nie, en erg in die gesig gevat sou voel indien hulle nie ook as boorlinge van Afrika gereken word nie.

Nkambule het aanhou sê dat slegs swartes Afrikane kan wees.

Heelwat Twitter-boodskappe oor die debat het gisteraand en vanoggend gevlieg. Onder andere het Zelda La Grange, die voormalige sekretaresse van Nelson Mandela, aan Eusebius McKaiser getwiet dat Roodt nie “eerlik was nie”:

Hierop het Roodt haar geantwoord:

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.