Swart SA miljardêr skenk miljoene teen ebola

Die mynmaatskappy African Rainbow Minerals, A.R.M, het bevestig dat die sakemagnaat, Patrice Motsepe, meer as tien miljoen rand aan die Ebolafonds in Guinee geskenk het om te help om die siekte in Wes-Afrika te bestry.

Die skenking van een miljoen Amerikaanse dollar is namens die Motsepestigting en A.R.M gedoen, waarvan Motsepe die uitvoerende voorsitter is, het RSG berig.

A.R.M sê die nodige regulatoriese toestemming wat gister verkry is sal Guinee van hulp wees met kliniese bestuur, maatskaplike mobilisering, mediese koördinasie en ander belangrike meganismes om die siekte te beheer.

Ebola het volgens amptelike syfers reeds die lewens van bykans vyfduisend mense in veral Liberië, Guinee en Sierra Leone geëis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.