Veiligheidsraad sit oor Israeliese besetting

Deel op

Palestynse betogers het Dinsdag brandende motorbande opgestapel tydens ’n betoging teen die ont­eiening van Palestynse grond, het AFP berig.

Die stuk grond is deur Israel in die Kafr Qaddum-nedersetting naby Nablus in die besette Wesoewer-gebied­ teruggevat.

Onderhandelinge tussen Israel en Palestina om ’n blywende skikking oor Gaza te bereik, sal eers na die middel van November­ hervat word.

Dit was aanvanklik vir Dinsdag geskeduleer.

Die VN Veiligheidsraad sal nog dié week ‘n noodvergadering hou oor die spanning tussen Israel en die Palestyne in Oos-Jerusalem as gevolg van Israel se plan om meer nedersettings te bou.

Die vergadering is geskeduleer vir Woensdagmiddag, in reaksie op ‘n versoek deur Jordanië aan Argentinië se VN-ambassadeur Maria Cristina Perceval, roterende voorsitter van Veiligheidsraad hierdie maand.

Jordanië, die enigste Arabiese land op die raad van 15 lande, het Palestynse klagtes oor die gevaarlik stygende spanning in Oos-Jerusalem geopper.

Die e-posversoek is gesien deur Reuters.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.