Plastieksakheffing bring R1 miljard in

Deel op

Die totale omvang van geld wat ingesamel is sedert die bekendstelling van die plastieksakheffing in 2003 tot Augustus vanjaar is R1,1 miljard, het die minister van finansies, Nhlanhla Nene die parlement verklaar.

Tot dusver vanjaar is R42 miljoen ingesamel.

Die minister het erken dat slegs ‘n fraksie van die geld wat ingesamel is na die departement van omgewingsake gekanaliseer word. Oor die afgelope 10 jaar R215 miljoen aan die departement gegaan.

Hy het verduidelik dat alle geld wat deur die nasionale regering ingesamel word – insluitend alle belasting inkomste – word gedeponeer in die Nasionale Inkomstefonds, soos vereis deur die Grondwet.

Die heffing is ingestel op 3 sent per sak in 2004, betaalbaar deur plastieksakvervaardigers en invoerders. Dit het tot 4 sent per sak in April 2009 gestyg en aan die begin van April 2013 het dit gestyg tot 6 sent per sak.

Die plastiekinkopiesakheffing is ingestel deur die destydse minister Valli Moosa in 2004 as ‘n meganisme om die probleem van plastieksakke te bestuur, wat as die wind waai, heinings, bome, of in die oop veld ontsier en as rommel rondwapper.

‘n Artikel 21 nie-winsgewende maatskappy Buyisa-e-Bag is gestig om plastieksakherwinning te bevorder.

Hierdie maatskappy het is gelikwideer in 2010/11 en en die departement van omgewingsake het die projekte en programme oorgeneem.

Die ingrypings het die gebruik van plastieksakke van tussen 45 en 75% ingekort. Voorheen is ongeveer 10 miljard sakke as rommel gestort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.