WilliamsHunt verongeluk met anti-Steve-veldtog

Deel op

’n Motorhandelaar het die motor wat hulle vir Steve Hofmeyr in Port Elizabeth geborg het, teruggevat na ‘n georkestreerde veldtog deur Media24 en ‘n paar histeriese wit ANC-aanhangers.

‘n Handjievol wit Boerhaters het hulle rasgenote aangemoedig om die handelaar te kontak oor Hofmeyr se “rassisme”.

Williams Hunt het vir Hofmeyr, wat verlede Donderdag en Vrydag konserte in die Wes- en die Oos-Kaap gehad het, ’n bakkie geborg. Hulle het die bakkie Vrydag teruggevat.

Volgens Trevor Villet, bestuurder van die Williams Hunt-tak in Port Elizabeth, het hulle Vrydag klagtes oor die twiet gekry.

“Iemand het mense glo op Twitter gevra om ons te bel om te kla oor die borgskap,” het Villet gesê.

“Ons het ’n ooreenkoms met van die gewilde Afrikaanse sangers dat ons vir hulle ’n motor sal leen vir twee of drie dae wanneer hulle hier optree.”

Villet het gesê hulle het besluit om die voertuig eerder terug te neem omdat hulle nie by enige negatiewe publisiteit betrokke wil raak nie en “neutraal” wil bly.

“Ons wil nie betrokke raak nie en ons wil nie kant kies in ’n Twitter-rusie nie.”

Daarmee het WilliamsHunt hul gewaande “neutraliteit” vir ‘n openbare veldtog téén Steve verruil.

‘n Stortvloed van sy ondersteuners het daarna te kenne gegee dat hulle niks met die handelaar te doen wil hê nie.

Hofmeyr het deur die loop van die naweek verskeie mense geantwoord en die hutsmerk #RealArchitectsOfApartheid gebruik.

Hofmeyr was Maandag verbaas deur die georkestreerde venyn: “Dit kom my voor (dat) almal se politiese, geloofs(-) en seksuele voorkeure gevrywaar is deur die Grondwet, behalwe myne. Ek dog ons is oor verbannings in die 80’s. Lyk my nié.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.