Numsa gaan sosialistiese front teen ANC monster

Deel op

Numsa se besluit om ’n sosialistiese verenigde front te vorm teen die ANC, is die begin van die “herskikking” van die Suid-Afrikaanse politieke landskap sê swart opposisiepartye.

Numsa sal glo nie vrywillig bande met die vakverbond Cosatu verbreek nie.

‘n DA-woordvoerder het dié verwikkelinge in die drieparty-alliansie as “nodig” beskryf  “om die herskikking van die Suid-Afrikaanse politiek te versnel”.

Bantu Holomisa, UDM- leier, het ook die nuwe sosialitiese front teen president Zuma verwelkom.

“Die wittebrood is verby en ons sien uit na wat hulle [die nuwe politieke groep] in Desember na die tafel bring. Dit is goed vir demokrasie.”

Numsa beskou Zuma as die hoofteiken vir hul ontevredenheid.

Cosatu beskou die feit dat Numsa lede werf buite hul ledebasis as ongrondwetlik. Die vakverbond is steeds deel van die drieparty-alliansie.

Indien Numsa van die alliansie wegbreek, sal dit moontlik tot ’n skeuring in Cosatu lei.

Die ANC se aanspraak dat hy die werkersklas verteenwoordig, sal verwater word daardeur, meen sommige ontleders.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.