Cyril en TAC tel die VIGS-strydbyl op

Deel op

Adjunk-president Cyril Ramaphosa sê die land het wegbeweeg van die ontkenning van VIGS.

Ramaphosa sê groot vordering in die stryd teen die pandemie gemaak.

Hy het gepraat by die bekendstelling van die 21ste internasionale VIGS-konferensie, wat na 16 jaar weer in Julie 2016 in Suid-Afrika gehou word.

Ramaphosa sê hoewel daar aanvanklik ontkenning en ‘n gebrek aan deursigtighed was, is aansienlike vordering gemaak.

Hy het ook gesê die stryd is egter nog nie ten volle gewen nie.

Die nie-regeringsorganisasie, The Treatment Action Campaign het intussen sy misnoeë oor van die viering van Wêreld Vigsdag uitgespreek.

Die groep sê die viering is ‘n belediging vir mense wat die virus onderlede het.

Wêreld Vigsdag word jaarliks op 1 Desember gevier.

Die organisasie meen Suid-Afrika het niks om te vier nie, aangesien die land met die meeste MIV-positiewe mense ter wêreld spog.

Die TAC sê miljoene rande word vermors om die dag te gedenk, terwyl een uit elke vyf klinieke in die land sukkel om genoeg mediese voorraad aan te hou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.