Khama wen Botswana-verkiesing

Deel op

Botswana se hoofregter Maruping Dibotelo sal Ian Khama na verwagting vandag inhuldig vir sy tweede termyn as president.

Khama se regerende BDP-party het 37 setels in verlede week se verkiesing ingepalm, met die opposisiepartye wat net 20 setels kon wen.

Dit is egter die meeste setels wat opposisiepartye nog sedert Botswana se onafhanklikheidswording in 1966 kon behaal.

Khama sal as die vierde president ingehuldig word.

Hy is die seun van die eerste president Sir Seretse Khama en ‘n wit Britse ma.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.