Britse koerant hits twis aan tussen Bob se opvolgers

Deel op

Grace Mugabe se ambisie om die volgende president van Zimbabwe te word, sal die regering in die land laat “skeur”, het die Guardian berig.

Britse koerante en meningsvormers is gretig om dié verwikkeling aan te moedig en poog reeds maande lank om leiersfigure teen mekaar op te steek.

Die Guardian beweer dat Grace, die vrou van die huidige president Robert Mugabe, by ‘n saamtrek buite Harare Donderdag, gesê het sy kan president wees as sy wil want sy is ‘n burger van land.

Volgens die koerant het Grace met ‘n “venynige tirade teen die huidige Zimbabwiese vise-president Joice Mujuru” losgetrek.

Grace het Mujuru glo beskryf as “ondankbare, magshonger, dom, korrupte, dwase, verdelende en ‘n skandelike persoon,” en haar beskuldig van samewerking met wittes om die land se post-onafhanklikheid te ondermyn.

Zimbabwe se adjunkpresident, Mujuru het die bewerings verwerp dat sy beplan om president Robert Mugabe te ontsetel, voor die regerende party se kongres in Desember.

Sy het bewerings in Britse koerante ontken dat sy Mugabe uit die kussings wil lig.

Grace Mugabe het Mujuru intussen aangeraai om te bedank.

Mujuru en die minister van justisie, Emmerson Mnangagwa word beskou as die voorste aanspraakmakers om die 90-jarige Mugabe op te volg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.