Hong Kong se opstand begin stoom verloor

Deel op

Die sogenaamde “pro-demokratiese” opstand in Hong Kong begin stoom verloor.

Leiers het pas het planne laat vaar om ‘n referendum te hou oor of hulle van die regering se toegewings moet aanvaar.

Die betogers staar toenemende druk in die gesig. Die opstand, wat begin het op 28 September, is reeds in sy tweede maand en geen teken van toegewings van die Chinese regering is in sig nie.

Alhoewel daar nog mense op straat kampeer, begin hul getalle afneem. Betogers het gesê dit is omdat daar nie enige oplossing gevind kan word nie.

Talle het gesê dit sal beter wees om terug te trek want hulle kan nie net die strate beset met geen tydsbeperkinge nie.

Die leiers van weke-lange demokrasie-betogings sê hulle het besluit om die referendum te laat vaar ná onenigheid oor die formaat en het betogers om verskoning gevra, omdat daar nie met hulle beraadslaag is nie.

Hulle het egter onderneem om met die betogings vir “demokrasie” in Hong Kong voort te gaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.