President Jacob Zuma sal nie na die Verenigde Koninkryk reis vir die 3de Jaarlikse Konferensie van InnovaBRICS nie, het die presidensie gesê.
Dié byeenkoms vind op 27 Oktober 2014 plaas.
‘n Diplomatieke herrie het tot die ontrekking van Zuma se besoek aan Londen gelei, het diplomatiek bronne gesê.
Volgens ingeligte bronne was Zuma en sy amptenare ontsteld omdat die Britse premier David Cameron hulle nie te woord wou staan nie.
Die Britse regering kon ook nie ‘n toepaslike vlak van sekuriteit en beskerming aan Suid-Afrikaanse amptenare bied nie.
Die afvaardiging sal gelei word deur die minister in die Presidensie, Jeff Radebe, Rob Davies, minister van handel en nywerheid, Nhlanhla Nene, die minister van Finansies, en Faith Muthambi, die minister van Kommunikasie.
Sakeleiers sal ook die regering vergesel.
Die presidensie wou nie oor Zuma se redes vir die kansellasie uitbrei nie.
Die land se internasionale bemarking word deur die agentskap, Brand South Africa, ‘n sakenetwerkforum, sedert sy ontstaan in 2012, behartig.
Die regering sê hierdie week se beraad in Londen is belangrik om buitelandse beleggings en plaaslike werkskepping te bevorder.
Die beraad oor twee dae is ‘n geleentheid vir Suid-Afrikaanse regeringsverteenwoordigers en Britse sakemense om beleggingsmoontlikhede in Suid-Afrika te bespreek.