Strawwe Botswana-verkiesing verwag

Deel op

Politieke ontleders meen die mededinging in Vrydag se algemene verkiesing in Botswana sal die strafste wees in die land se 48 jaar van demokrasie, het RSG berig.

NUUT!

Drie partye neem aan die verkiesing deel. ‘n Kenner verbonde aan die Universiteit van Botswana, professor Zebani Maundeni meen die regerende BDP-party van president Ian Khama kan sy sterkste teenstand nog verwag.

Die moontlikheid bestaan dat hy nie ‘n volstrekte meerderheid in die parlement kan hê nie.

Maundeni sê daar kan vir die eerste keer ‘n koalisieregering wees.

Die Botswana Verkiesingskommissie sê meer as agthonderd-duisend kiesers het geregistreer om te kan stem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.