‘SA se groeivooruitsigte nie rooskleurig’

Suid-Afrika se medium-termyn vooruitsigte lyk nie rooskleurig nie sê ‘n ekonoom van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie.

Groei lyk nie besonder bemoedigend nie en die ekonomie gaan ernstige probleme tegemoet, sê Jorge Maia. Maia sê dit is omdat Suid-Afrika op buitelandse handel in veral mynbou en vervaardiging steun.

Maia het aan sakelui wat die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid se jaarkongres in Johannesburg bywoon, gesê wêreldtoestande sal Suid-Afrika se toekomstige ekonomiese groei beïnvloed.

Hy sê staatsinkomste is onder druk weens swakker ekonomiese groei.

Die minister van Finansies, Nhlanhla Nene het pas aangekondig dat belastings verder sal verhoog word om die armes tegemoet te kom.

Volgens Nene, sal amper 10,5% voorts van volgende jaar se belastinginkomste bestee word om skuld te delg.

Die land se begrotingsbeleid beperk veral nie die groei van die Suid-Afrikaanse welsynstaat nie en skuld bly toeneem. Die wit belastingbetaler beur reeds onder die las weens wanbetaling.

In KwaZulu-Natal alleen skuld staatsdepartemente en belastingbetalers munisipaliteite meer as 10 miljard rand.

Die LUR vir finansies in die provinsie, Belinda Scott wat die munisipale finansies-verslag vir 2013/2014 ter tafel gelê het, sê huishoudings skuld sowat helfte van dié bedrag.

Sy sê staatsinstellings se skuld het meer meer as 30 persent tot 697 miljoen rand toegeneem.

Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel dat die groei van Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk volgende jaar die derde stadigste in Suider-Afrika sal wees.

Die voorspelling is ten spyte van die verwagting dat dit van 1,4% vanjaar na 2,3% sal styg.

Die IMF sê onvoldoende kragvoorsiening, swak arbeidsverhoudinge asook ‘n gebrek aan sakevertroue kortwiek die land.

Die gemiddelde groeikoers vir lande in Suider-Afrika in 2015 sal volgens die IMF sowat vyf persent wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.