‘n Dokter wat onlangs na New York teruggekeer het is positief vir ebola getoets.
Hy het met sy terugkeer in die VSA deur die doeanepos se siektebeheer geen koors getoon nie.
Die dokter, Craig Spencer, wat ebola-pasiënte in Guinee behandel het, het nou positief vir die siekte getoets.
Spencer is in afsondering in ‘n hospitaal in New York, die Bellevue Hospital Centre geplaas nadat hy weens hoë koors en naarheid opgeneem is.
Met sy terugkoms verlede week uit Guinee is hy by die John F Kennedy-lughawe aan die intensiewe beheermaatreëls wat ingestel is om reisigers te toets wat uit lande met ebola in die VSA aankom, onderwerp.
Die toetsing vir reisigers wat vermoedelik ebola onder lede het, kon geen simptome by die dokter uitwys nie.
Die stad se gesondheidsowerheid het gsê Spencer “was nie met baie mense in aanraking sedert sy terugkoms nie”, maar dit moet reeds duisende mense wees wat geraak kan word.
Twee van sy vriende en sy verloofde is as voorsorgmaatreël onder kwarantyn geplaas.
Die vierde persoon wat in kontak was met die medikus wat vir Dokters Sonder Grense werk, is die bestuurder wat Spencer Woensdagaand by ‘n kegelbalbaan gaan aflaai het.