Cadillac se kleinboet, wat ‘n wa!

Deel op

Image

Caddilac SRX

Cadillac het hulle splinternuwe SRX wat volgens bronne in 2010 hier sal wees, bekendgemaak. Die nuwe SRX het ‘n korter wielafstand, aandrywing is ook deur die voorwiele met ‘n 4×4 as opsie.

Deel op

Die SRX gaan dan ook ‘n nuwe rol as die baba ussie van die groot Escalade speel. Al die geriewe wat die Escalade bied maar met ‘n heelwat kleiner bakwerk en veel meer ekonomies vir stadsgebruik. 

Jy gaan jou lisensie kwyt wees!

Die  Nasionale Padveiligheidswet is onlangs deurgevoer. Hierdie wet maak voorsiening vir die skrapping van ‘n persoon se bestuurslisensie. Volgens die nuwe riglyne sal die skrapping soos volg in werking tree. Sou ‘n bestuurder binne stadsgrense die wettige spoed grens met 30 kilometer per uur oorskry, tree die skrapping in. Buite die stad is die intreespoed 40 kilometer bo die wettige spoed grens. Daar is ook ‘n ander deeltjie wat die wet omskryd en dit is dat elke verkeersbeampte of metropolisielid ‘n naamplaatjie moet dra indien hy enige persoon vir ‘n verkeersoortreding aftrek.

Image

Audi R8 na ligte glipsie

Is dit Bond, James Bond?

Wat gebeur as ‘n mens ‘n sportmotor vir ‘n toetsrit neem en jy ry te vinnig? Wel hierdie 33-jarige man in Nedeland het presies dit gedoen en uitgevind wat gebeur as jy nie by die speodgrens bly nie. Hy het glo oor n hobbel in die pad gery en beheer oor die R8 verloor.  Ooggetuies sê hy het oor die 200 kpu gery toe die ongelukkie gebeur het. Gelukkig is hy ongedeerd, maar hierdie Audi R8 is effens verdrink en sal nie sommer weer ry nie!

лекарства при пародонтителобановский обыск

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.