Swart landbou in maalkolk van Amerikaanse slagspreuke

In toesprake wat op 11 Augustus 2006 en 28 Augustus 2007 gelewer is deur die toenmalige minister van landbou, Lulana Xingwana, is aangekondig – onder die gebruiklike vloedgolf van Amerikaanse slagspreuke en gemeenplase oor vroueregte en apartheidskuld – dat spesifieke plase aan swart boere gegee sal word sonder vergoeding met die suggestie dat dit gesteel is van swartes wat “moeg is van wag”.

Xingwana het ondermeer in 2007 haar toespraak met ‘n aanhaling uit Richard Stengel se boek wat hy namens Mandela geskryf het, Long Walk to Freedom afgeskop.

Een van dié gebiede, Mamahlola, beslaan 14 plase en is in 2001 hertoegewys. Mamahlola was al vroeër op die rand van ineenstorting, maar danksy pogings deur South African Farm Management (SAFM), ‘n plaaslike wit groep wat swart boere oplei, is die ergste afgeweer.

‘n Werker by Mamahlola meen tans die regering moet liewer ophou met sulke ondernemings wat klaarblyklik ewig gedoem is tot mislukking.

“Deur middel van strategiese ingrypings is dit [Mamahlola] weer op dreef en floreer,” het Xingwana in 2007 aangekondig.

Mamahlola produseer mango’s en avokado’s, piesangs, lietsjies, pekanneute en ander gewasse mbv beperkte waterbronne.

SAFM het sewe soortgelyke projekte in Limpopo, en in naburige Mpumulanga provinsie van stapel gestuur.

SAFM het in 2007 meer as R100 miljoen van belastingbetalers se geld op sulke swart boerderye bestee, het Henry Wolff, SAFM se sake-ontwikkelingsbestuurder aan IPS gesê.

Sowat 150 plaaswerkers buite Tzaneen in Limpopo het die afgelope ses maande nie egter nog geen lone ontvang nie.

Die voormalige uitvoerplaas Mamahlola behoort nou al 10 jaar lank aan die Banareng Ba-Ga-Letsoalo-gemeenskap.

‘n Woordvoerder van die werkers het erken dat nadat die plaas wanbestuur is, is dit onder administrasie van die regering geplaas.

Hy sê die plaas behoort eerder gesluit te word as die regering nie eers weet wanneer daar geld vir hulle lone sal wees nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.