Derde ongeluk vir vragmotorbestuurder wat chaos saai

Deel op

Dit is die derde keer dat die swart vragmotorbestuurder wat verlede week verwoesting by Alberton gesaai het, vir strafbare manslag aangekla word.

Isaac Maruding het verlede week tussen 48 motors op die N12 by Alberton ingejaag en vier mense se dood veroorsaak.

Maruding (44) het Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof aan die Oos-Rand om borgtog aansoek gedoen. Hy ontken skuld op vier aanklagte van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur.

Maruding is in 1996 van strafbare manslag aangekla nadat hy ook in ’n ongeluk betrokke was, maar dit is later teruggetrek, het Media24 berig.

In 1997 is hy na nóg ’n ongeluk weer van strafbare manslag aangekla. Hy is skuldig bevind en het ’n vonnis van 18 maande uitgedien.

Hy is toe ook op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur skuldig bevind, maar het ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar tronkstraf gekry. Sy rybewys is ook vir 12 maande opgeskort.

Sewe mense is nog in ’n kritieke toestand en nog 19 is beseer. Die polisie het Maruding eers ’n dag ná die ongeluk in Potchefstroom aangekeer.

Maruding het van die ongelukstoneel gevlug en daarna gelieg deur te beweer verkeersbeampte het hom toestemming gegee om die toneel te verlaat.

Hy het Potchefstroom toe gevlug en nie sy werkgewer of die polisie oor die ongeluk ingelig nie.

Die eienaar van die Benusi-vervoermaatskappy, het gesê hulle was nie bewus van Maruding se vorige oortredings toe hy aangestel is nie.

Die verhoor is tot 27 Oktober uitgestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.