Minister waarsku dat belastinglas gaan verhoog

Deel op

Die ANC het die minister van Finansies, Nhlanhla Nene se eerste begrotingsrede vir die mediumtermyn verwelkom en gesê die regte balans is getref tussen die behoeftes van die armes en die noodsaaklikheid om staatsbesteding in te perk.

Nene het sy toespraak afgeskop met ‘n waarskuwing dat beleidsveranderinge ‘n nog swaarder las op belastingbetalers kan plaas.

Nene het die land se groeivooruitsigte beduidend afgeskaal met ‘n voorspelling van slegs 1,4%.

Volgens Nene is dit te wyte aan faktore soos stakings, hoë elektrisiteitskostes en ‘n afname in privaatbeleggings.

Hy het voorts die regering aangeraai om groeiende skuld te verminder en sy fiskale sake reg te ruk.

Die minister het ook beleërde staatsbeheerde instellings soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die Poskantoor gewaarsku dat hulle geen regeringshulp moet verwag nie.

Nene het gesê hulle sal nie verdere reddingspakette ontvang nie, maar sal herstruktueer word om hulle finansieel volhoubaar te maak.

Hy sê enige kapitalisasie sal deur middel van die verkoop van oortollige bates geskied.

Daar sal na verwagting sowat R1,1 miljard rand oor die volgende drie jaar aan nuwe grondeise bestee sal word, het Nene aangekondig.

Kenners meen dié bedrag is nie voldoende nie.

Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming sal die fondse daarvoor in sy bestaande begroting moet vind.

Die nuwe vyfjaar termyn vir eise sal teen 31 Junie 2019 ten einde loop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.