Ottowa geskud deur skietery

Deel op

‘n Skietery by die land se parlement waarin een soldaat dood is, het die Kanadese hoofstad, Ottowa geskud.

Volgens omstanders is minstens 30 skote afgevuur nadat die aanvaller die parlementsgebou binnegegaan het.

Een van die aanvallers is in die parlementsgebou doodgeskiet.

Skote is afgevuur net buite die vertrek waarin die Kanadese eerste minister, Stephen Harper met lede van sy Konservatiewe Party vergader het.

Harper is haastig onder begeleiding uit die gebou vergesel.

Harper het intussen getwiet dat die land nie deur die aanval geïntimideer sal word nie en dat die aanval van Kanada ‘n hegter nasie sal maak.

Die strate om die regeringsgeboue in Ottowa wat gewoonlik besig is, was Woensdag verlate nadat die regeringsamptenare deur veiligheidsdienste gemaan is om binne te bly.

Owerhede het aanvanklike gevrees dat die skietery deel van ‘n groter aanvalsplan mag wees.

Jim Watson, burgemeester het aan die Ottawa Citizen-dagblad gesê die stad is “steeds een van die veiligste stede in die wêreld, nie net in Kanada nie.”

Kanadese parlementsgeboue was voorheen toeganglik vir die publiek, maar kenners meen veiligheid sal nou opgeskerp moet word.

Volgens die jongste berigte soek die polisie na `n Kanadese man van Quebec wat blykbaar die Islamitiese geloof aangeneem het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.